Huwelike (Marriages)

Marriage was the first institution established by God in the book of Genesis, chapter 2. It is a holy covenant that symbolizes the relationship between Christ and his Bride, or the Body of Christ.

STOP & PONDER:
Does your relationship with your spouse symbolizes the relationship between Christ and his Bride?

Most Bible-based Christian faiths teach that divorce is to be seen only as a last resort after every possible effort toward reconciliation has failed. Just as the Bible teaches us to enter into marriage carefully and reverently, divorce is to be avoided at all costs. Honouring and upholding the marriage vows brings honour and glory to God.
Many Christians have questions about divorce and remarriage. Generally speaking, Christians tend to fall into one of four positions on this controversial issue:
Position 1: No Divorce - No Remarriage
Marriage is a covenant agreement, meant for life, therefore it must not be broken under any circumstance; remarriage further violates the covenant and therefore is not permissible.
Position 2: Divorce - But No Remarriage 
Divorce, though not God's desire, is sometimes the only alternative when all else has failed. The divorced person must remain unmarried for life thereafter.
Position 3: Divorce - But Remarriage Only In Certain Situations
Divorce, though not God's desire is sometimes unavoidable. If the grounds for the divorce are biblical, the divorced person can remarry, but only to a believer.
Position 4: Divorce - Remarriage
Divorce, though not God's desire, is also not the unforgivable sin. Regardless of the circumstances, all divorced persons who have repented, should be forgiven and allowed to remarry.
What are biblical reasons or grounds for divorce?
The Bible suggests that “marital unfaithfulness” is the only scriptural reason that warrants God’s permission for divorce and remarriage. Many different interpretations exist among Christian teachings as to the exact definition of "marital unfaithfulness." The Greek word for marital unfaithfulness found in Matthew 5:32 and Matthew 19:9 translates to mean any form of sexual immorality including adultery, prostitution, fornication, pornography, and incest. Since the sexual union is such a crucial part of the marriage covenant, breaking that bond seems to be permissible, biblical grounds for divorce.
Matthew 5:32 
But I tell you that anyone who divorces his wife, except for marital unfaithfulness, causes her to become an adulteress, and anyone who marries the divorced woman commits adultery. (NIV)
Matthew 19:9
I tell you that anyone who divorces his wife, except for marital unfaithfulness, and marries another woman commits adultery. (NIV)

By , About.com Guide



***************************


Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê ...
Raymond Hull het gesê: “Alle troues is gelukkig. Dis die saamwoon na die tyd wat al die moeilikheid veroorsaak.” En die grootste rede hiervoor? Ons verskil radikaal van mekaar! Dis waarom dit so moeilik is om te ruik wat hy wil hê. So, hier is ʼn bietjie hulp ...
Natuurlik koop jy nie vir jou man naellak en sykouse nie, want net so min as wat jy ’n saag of ’n grassnyer nodig het, wil jou man oor klere en skoene gesels.

Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê. Al wat jy hoef te doen, is om ’n bietjie in ’n inkopiesentrum rond te staan. Die manne kyk gereedskap en tente, terwyl die vroue parfuum aanspuit, skoene aanpas en “oe” en “aa” oor ’n pragtige paar wighakskoene. 

Op dieselfde manier verskil julle emosionele behoeftes van mekaar. Diep in haar hart wil elke vrou hê dat haar man haar op allerhande maniere van sy liefde vir haar moet verseker en dat sy veilig by hom is. Mans, daarenteen, wil die wêreld oorwin, dit ’n beter plek maak en die held wees.

hier is wat jy moet weet van hom
Nou kom die vraag: Wat wil jou man hê? Wat is vir hom die belangrikste dinge om sy bors breed te hou en sy hart in jou hande? 

Sien raak wat hy doen
Een van ’n man se grootste behoeftes is om iets te doen wat buitengewoon is, wat ’n verskil maak en wat ander mense laat opkyk en kennis neem. God het die man geskep met ’n ingesteldheid op dinge wat hy moet dóén. Hy wil altyd ’n doel hê om te bereik ... ’n rekord om te oortref ... ’n unieke bydrae om te maak.

Hierdie behoefte is in werklikheid tweekantig. Aan die een kant het ’n man ’n ingeboude begeerte om werk te doen wat sinvol is. Aan die ander kant het hy ’n sterk behoefte dat ander mense moet kennis neem van wat hy doen. Dit laat hom voel dat sy lewe sinvol is. Wanneer jy hierdie diepste behoefte van ’n man verstaan, kan jy ook verstaan hoekom hy sekere dinge in sy huweliksverhouding soek. 

Sê dit!
Daar is twee maniere waarop ’n man wil hê dat sy vrou by sy werk betrokke moet wees. In die eerste plek moet sy vir hom ’n huis skep waar hy kan ontspan en kan wegkom van die druk van die werksomgewing. Sy moet hom as’t ware beskerm teen die stres van gebeure in en om die huis, insluitend die dinge wat die kinders doen. Die tweede manier het te make met haar houding teenoor sy werk. ’n Man wil weet wat sy vrou van sy werk en prestasie dink. Haar reaksie op wat hy doen en hoe hy presteer, is die maatstaf waaraan hy homself meet. Daar is immers diep binne hom die behoefte dat sy vrou sy grootste bewonderaar moet wees. 

Doen dit!
Hierdie behoefte by die man het veral te make met ontspanningsaktiwiteite. In sy werk moet hy die stryd alleen stry. Om sy vrou teen die spanning van sy werk te beskerm, sal hy liewer stilbly oor die druk wat hy ondervind. Hy sal die stres alleen dra. Maar wanneer hy ontspan, wil hy graag sy vrou aan sy sy hê. Dis juis in die saamdoen van dinge dat die man kameraadskap ervaar – nie, soos by ’n vrou, wanneer ’n mens gesels oor hoe jy voel nie. Want hy is ’n doener in murg en been. 

’n Man wil graag hê sy vrou moet daar langs hom wees wanneer hy sy oorwinnings behaal. Hy wil hê sy moet dit met hom deel, al sit sy net langs die baan om hande te klap wanneer hy wen. Hy het haar nodig om saam met hom in die ding te wees, selfs al moet hy haar somtyds dra.

Jy is mooi, wys dit!
Vir ’n vrou is die uiterlike voorkoms van ’n man nie so belangrik nie. Dis die mens as geheel in wie sy ’n maat vind en dis veral sy persoonlikheidseienskappe wat haar dol maak oor hom. Daarom kan ’n vrou gelukkig wees saam met ’n middeljarige man met ’n boepie en trots wees op haar bleskopman. ’n Man is egter heeltemal anders. Vir hom is die voorkoms van sy vrou baie belangrik. ’n Mooi vrou doen net iets aan ’n man se hormone en aan sy ego.

Vir ’n man is sy vrou se voorkoms iets wat ’n refleksie op hom werp omdat mense dikwels ’n man se sukses aan die voorkoms van sy vrou meet. Wanneer sy vrou mooi lyk, laat dit hom goed lyk. Dit laat hom goed voel omdat hy in staat was om hierdie mooi vrou te kry en gelukkig te hou. 

HET JY AL VIR JOU MAN GESÊ WAT JY NODIG HET? 

Natuurlik dink jy dat jou man op ’n magiese wyse weet wat jy nodig het. Verkeerd! Die meeste mans is totaal en al onnosel met gedagtes lees en skimpe vang. Soos ’n wyse man eendag gesê het: “Ons mans vang nie skimpe nie. Nie subtiele skimpe nie, nie duidelike skimpe nie, geen skimpe nie. Help ons!” So, suster, jy sal hom maar aan die hand moet vat en leer. 

Sê vir hom dis maklik
’n Vrou se grootste behoefte is liefde en geborgenheid. Daar is ’n paar maniere waarop ’n man hierdie veiligheid aan sy vrou kan gee, naamlik deur vir haar te wys – en te sê – dat hy lief is vir haar en deur tyd te maak om saam met haar te kuier. 

Saamwees is belangrik
Liefde is vir ’n vrou baie belangrik. Sy wil dit gereeld hoor en soek ’n liefdevolle atmosfeer waarin hy gereeld sê: “Dis lekker om jou hier by my te hê. Ek is lief vir jou. En ek wil niemand anders in jou plek hê nie.” Saamkuier is vir ’n vrou ’n noodsaaklike geleentheid om liefde en veiligheid te ervaar. 


Onthou, seks maak nie alles reg nie
Mans moet besef dat liefde en seks vir vroue glad nie sinoniem nie. Liefde is die emosionele atmosfeer waarbinne seks moet gebeur, maar dit gaan oor baie meer. ’n Vrou het spesifiek ’n behoefte daaraan dat ’n man gereeld en op baie maniere moet wys dat hy vir haar omgee omdat sy daaruit agterkom wat haar man vir haar voel. 
’n Vrou geniet dit wanneer haar man op ’n nie-seksuele manier aan haar raak. Wanneer ’n man sy vrou deur die loop van die dag ’n drukkie gee of net aan haar arm vat of hand aan hand met haar stap, sê dit vir haar: “Jy is vir my belangrik. Ek staan saam met jou in die lewe. Ek is trots op jou.”


*****************


Sy woorde
Kla jou man gedurig of is hy iemand uit wie se mond geen goeie en positiewe goed kom nie?  Negatiewe woorde bring negatiewe gevolge en dit gaan selde goed met iemand wat gedurig negatiewe woorde gebruik.
‘n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense se net slegte dinge (Spreuke 15:28). Jy sien self; vir die man wat praat sonder om eers te dink, is daar minder hoop as vir ‘n dwaas (Spreuke 29:20). Daar le baie verdriet voor vir iemand wat nie rekening hou met die gevolge van sy woorde nie.
Iemand wat met sy woorde ontmoedig of pyn berokken, hetsy dit sy vrou, kind of kollega is, sal sy eie lewe daardeur vernietig.
Die tong het mag oor dood en lewe; die wat lief is om te praat, sal die gevolge dra. (Spreuke 18:21)

Ons woorde kan ons vryspreek of veroordeel (Math 12:37). Dit kan vir ons vreugde bring (Spreuke 15:23) of ons besmet en onteer (Math 15:11).
Luister na die manier waarop jou man praat. Wat uit sy [of joune] mond kom, het te doen met die toestand van sy hart.  Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. (Math 12:34)

Bid dat die Heilige Gees hom in sy hart oortuig, dit met sy liefde, vrede en vreugde vul, en hom ‘n nuwe manier van praat leer. Dat die Here hom sal leer om net woorde te spreek wat opbouend is en lewe bring.  Vra dat hy in plaas van brom, kla, vuilpraat of met sy woorde vernietig, hy eerder sal leer om gedissiplineerd en Godvresende gesprekke sal he. Vra dat die Here hom sal wys hoe om dit te doen, woorde in sy gees te plaas en hom met liefde sal vul sodat woord wat opbouend is, uit die oorvloed van sy hart sal vloei.
Here laat U Gees van liefde heers in die woorde wat ons spreek sodat ons nie swak met mekaar kommunikeer of mekaar seer maak nie. Help ons Here dat ons respek aan mekaar betoon, en woorde spreek wat mekaar stig, bemoedig en dat ons mekaar sal ondersteun en in harmonie sal saam woon.

Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (Efesiers 4:29)


***************** 


Verwag verandering in jou en sy hart

Iets wonderliks gebeur in ons harte wanneer ons vir iemand anders bid.  Die hardheid begin smelt. Ons word in staat gestel om by die pyn verby te gaan en te vergewe. Uiteindelik word ons lief vir dier persOon vir wie ons bid.  Dit is ‘n wonderwerk. Dit gebeur omdat ons die teenwoordigheid van God betree wanneer ons bid en Hy ons vul met Sy Gees van liefde. Wanneer jy vir jou man bid sal die liefde wat God vir hom het in jou hart groei. Nie net dit nie jy sal vind dat liefde vir jou ook in sy hart groei sonder dat hy eens weet dat jy vir hom bid.
Selfs al word jou gebed nie heeltemal uit onselfsugtige motiewe gebore nie, sal jou motiewe onselfsugtiger word namate jy bid. Jy sal vind dat jou reaksies steeds meer liefdevol word. Jy sal agterkom dat dinge wat vroeer struweling tussen jul veroorsaak het, dit nie meer sal doen nie. Julle sal sonder om rusie te maak, oor sake kan saamstem.
Hierdie eenheid is lewens-noodsaaklik.

Wanneer ons nie verenig is nie, val alles uitmekaar.
Elke koningkryk wat onderling verdeeld is, gaan ten gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie (Math. 12:25)
Gebed bring eenheid selfs wanneer julle nie saam bid nie. 
 
*****************  

Wat as my man nie die Here dien nie [of teruggeval het]?

As jou man nie ‘n gelowige is nie, besef jy seker reeds wat jy daarmee bereik om met hom oor die Here te praat as hy nie die eerste paar keer gereageer het nie.  Dis nie soseer dat jy nooit iets vir hom moet se nie, maar as dit wat jy se altyd met ongeergdheid of geirriteerdheid beantwoord word, is jou volgende stap om stil te bly en te bid. Die bybelse ‘n vrou kan haar man oorhaal sonder om iets te se, want wat hy in sy vrou waarneem, spreek harder as wat sy vir hom se.
Hul sal vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir jul nodig wees om ‘n woord te se nie (1 Petrus 3:1.2)

Die Here se Hy praat van dinge wat nie bestaan nie asof dit bestaan. Jy kan dit ook doen. 

Jy kan se: Ek gaan nie voorgee nie, maar ek gaan praat van dinge wat nie deel is van my man se lewe nie as of dit wel deel is.  Selfs al het hy nie geloof nie, gaan ek vir hom bid asof hy geloof het.


*****************  


Wanneer jy vir jou man bid - al wil jy nie

Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek nie meer met my man getroud wou wees, onder een dak met hom wou bly nie, en nie meer kans gesien het vir sy woede, venynigde woorde, spitefullgeit, drank-misbruik, ontrouheid ens nie.

Ek was desperaat in my omstandighede en het my uiteindelik; na jare se stryd in my huwelik, en het ek later besef, in myself, my stryd met my verlede en nadat ek 'n totale ineenstorting beleef het - my tot die Here gewend, my hart onvoorwaardelik vir Hom gegee en gevra om in te gryp. 

En Hy het. Maar in die tyd het die Here my gewys hoe om ‘oor’ te begin want ek het gou die blaam na my man gewend ‘want hy was immers die onregverdige een, die een wat ons nie mooi behandel het nie, ander se part eerder gevat het’,.. ens.

Ek moes leer dat ek net soveel skuld het soos hy. Ek was verbitterd, opvlieënd, geirriteerd, onvergenoegd, (met rede!!), het hom nie ge-eer as die hoof van die huis nie, het hom nie gerespekteer nie, (want hy het dit nie verdien nie en was nie in lyn nie!  ~ het ek geglo).

Ek het besef dat ek my eie onversoenlikheid teenoor my man moes belei. My verbittering, my woede, my hardheid van hart, my emosionele ontrekking van hom af... want in die Here se oë is daar nie ‘n groot en klein sonde nie. Ek moes leer dat daar geen verskil is of ek my man vloek en of hy ontrou is nie. Die een is nie groter of kleiner as die ander nie. Of jy moord pleeg of skinder – daar is geen verskil nie. Sonde is sonde.

Ek moes die sonde in my hart belei vir die Here om my gebede te verhoor. Ek mos glo dat die deel van ons verhouding wat deur pyn, afsydigheid en selfsug weggevreet is, herstel kan word. Ek moes vertrou dat enigiets wat oor my toegesak het, soos misbruik, ontrouheid, enigiets – herstel kon word. Ek moes besluit het dat alles wat besig was om my man te verteer, soos werksverslawing, alkolisme, ens vernietig kan word. Ek moes vertrou dat die Here ons kon verlos van alles.

Ek het geleer dat als begin by gebed.  Die Here het my deur boeke en Sy woord gewys om werklik vir Sy seun, my man, te bid; en in die proses sou Hy my huwelik vernuwe (wat morsdood was) en Sy seën op ons albei uitstort. Op die stadium was ek nie lus om met my huwelik aan te gaan nie, maar nogtans het ek begin bid - dit was die regte ding om te doen, dit was 'n stap van gehoorsaamheid want die bybel se BID.

My man was vasgevang in ‘n web van sy verlede en hy moes vrygemaak word daarvan. Die Here het my geleer om vir man te begin bid. En al het ek geglo ek het eerder gebed nodig, was ek te desperaat vir verandering dat ek besluit het om dit wel te doen.

Geleidelik het verandering in ons albei begin kom. Ek het agtergekom hoe meer ek bid, hoe meer vorm liefde in my hart ~ vir die Here en vir my man – en hoe meer ek liefde gevoel het hoe meer het ek begin bid. Dit was weird. Wonderlik weird.

Wanneer my man kwaad raak het ek gebid in plaas van negatief reageer. Wanneer my man nie huis toe kom nie, het ek vir hom gebid ~ al wou ek eerder hé ‘n weerligstraal moes my man tref!

Ek het besluit dat die konflik in my huwelik beiindig sal word en die houvas wat rusie op ons het verbreek sal word.  Ek moes leer bid dat die Here ons uit die put van onversoenlikheid sou haal en ek moes liefde, vrede en versoening spreek en glo en bid.

Moenie jou huwelik afskryf nie. Hy is in staat om die een wat jy het, te neem en van hom ‘n nuwe een in Christus te maak. Ons het die HERE se krag aan ons kant. Ons kan besluit ons veg daarvoor in gebed. Want ‘n egskeiding is nie [noodwendig] die oplossing nie.

Ek weet. 
Ek was al daar.
Jou probleme is meer.



***************** 

Wanneer jy vir jou huwelik bid:

Wanneer jy vir jou man bid, veral in die hoop dat jy hom gaan verander, gaan jy definitief veranderings te wagte wees. Maar [sadly - LOL] gaan die eerste verandering nie by hom wees nie. Dit gaan in jou wees. Al voel jy, jy moet nie verander nie.
Die Here sien egter dinge anders raak. Hy sien jou ‘verkeerd’ ook raak. Hy vereis dat ons nie in ons harte sondig nie, omdat sonde ons van Hom skei en ons gebede dan nie verhoor kan word nie.

As daar sonde in my hart ws, sou die Here nie geluister het nie – Ps 66.18.

Hierdie vereiste is veral moeilik wanneer jy voel jou man het teen jou gesondig deur onvriendelikheid, gebrek aan respek, afsydigheid, onverantwoordelikheid, ontrouheid, verlating, wreedheid of misbruik.  Die Here beskou egter die sonde van onversoenlikheid, woede, haat, selfbejammering, liefdeloosheid in dieselfde lig as enige ander sonde.

Bely dit en vra dat die Here jou bevry van enigiets wat nie van Hom is nie.  Die doeltreffendste instrument om hom te laat verander, is dalk dat jy self verander.

Die Here kan ‘n huwelik wat morsdood is, laat herleef, maar dit verg dat ons onsself voor Hom verootmoedig en begeer om Sy weg te volg – [totale] vergifnis, vriendelikheid, liefde. Dit beteken dat ons die verlede en al die pyn wat daarmee gepaardgaan, moet los en bereid moet wees om die argument [wat maak dit saak dat jy moet bewys jy is reg?] te verloor ten einde die stryd te wen.

Hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind – Mat 10:39.
Wat U ook wil Here… Wys my hoe en ek sal dit doen, Verander my Here!

*****************

 Sy Bekering:

Vandag is daar ‘n wereld epidemie van mense wat nie kan erken dat hulle iets verkeerd gedoen het nie. Die Here séas ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe  ons ons sondes en reining ons van alle ongeregtigheid (1 Jhn 1.9)
Volgens die Here se manier van doen, moet 3 stappe gevolg word om ons gedrag te verander.
Eerstens is daar belydenis; wat beteken dat ons erken wat ons gedoen het.Dan volg berou, wat beteken dat ons jammer is oor wat ons gedoen het. Laastens word vergifnis gevra, wat beteken dat ons gereinig en bevry word van wat ons gedoen het.
Die onwilligheid om enigeen van hierdie 3 stappe te doen is in hoogmoed gesetel. ‘n Man wat nie nederig genoeg is om te erken dat hy voor God en voor die mens vereerd is nie, sal onoorkomelike probleme in sy lewe ervaar.  Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag is daar minder hoop as vir ‘n dwaas (Spreuke 26:12)
‘n Berouvole hart is nodig. Ware berou beteken om soveel berou te hé oor iets wat jy gedoen het dat jy dit nie weer doen nie. Net die Here kan ons ons sonde laat sien soos dit is, en daaroor laat voel soos Hy daarvoer voel. Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei nie? (Rom 2:4)
Berou is ‘n werking van die Here se genade, en ons kan bid dat dit in ons mans deurwerk. Bid voortdurend vir jou man dat hy van sy sonde oortuig sal word, dit nederig voor God sal bely, hom van sy sonde weg sal keer en dit nie weer sal doen nie.
Here ek bid dat U [persoon se naam] van enige sonde in sy lewe sal oortuig. Laat daar niks bedek wees wat nie openbaar gemaak sal word nie en niks geheim wat nie bekend sal word nie (Mat 10:26). Reinig hom van enige geheime sondes en leer hom om iemand te wee swat sal erken as hy verkeerd is (Ps 19:13). Neem alle hoogmoed weg wat hom sy foute sal laat ontken en laat ‘n nederigheid van hart in hom ontwikkel sodat hy die eer wat U vir hom het, sal ontvangs.
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie, wie sy sonde bely en daarvan afsien sal genade ontvangs. Spr 28:13
Deurgrond my, O God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die vekeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad. Ps 139:23,24

*****************