Tuesday 13 October 2015

Know the enemy

If u know the enemy and know yourself, u need not fear the result of a hundred battles.
If u know yourself but not not the enemy, for every victory gained, u will also suffer a defeat.
If u know neither the enemy nor yourself, u will succumb in every battle.

(Extract from The three heavens, John Hagee)

Thursday 1 October 2015

Liefde uit n ander wereld

Vir die eerste keer in 45 jaar besef ek -miskien- 'n stukkie van die Here se onverstaanbare liefde vir ons, Sy kinders... Ek se miskien want ons verstaan immers net gedeeltelik.

My (toe) 2 weke oue kleinkind kry verkoue. Ek self kry op daardie stadium nie 'n verkoue afgeskud nie en voel baie goor - en bid in alle erns vir Sy genesing. Hy hoes so dat hy in die proses verstik en dan huil want hy kry nie asem nie. Terwyl ek bid, vra ek in groot erns vir die Here om sy siekte op my te plaas, ek sal dit dra, solank daardie klein lyfie net gesond kan word en beter kan asemhaal! Ek kon dit nie verdra om hom so te sien nie.

En in daardie oomblik, tydens my ernstige gebed, laat die Here my besef hoe HY oor ons voel... dat Hy ons net so jammer kry wanneer ons siek is, en swaarkry... soveel so dat Hy Sy Seun gestuur het om alles op Hom te vat, dit vir ons te dra...

Net soos wat dit my hart wou breek om my klein outjie so te sien suffer, so breek dit ons Vader se hart wanneer ons kortpad wil vat, moedswillige sondes doen, nie op Hom vertrou nie, ongelowig optree, kwaad spreek teen ander, hoogmoedig is ....want Hy weet ons gaan op die ou end suffer.. die gevolge dra. Net soos 'n goeie ouer wil Hy ons beskerm teen die kwaad en die seer...